4253 In God se wil in

26 So kom die Gees ons ook in ons swakheid te hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. 27 Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die heiliges intree. Rom. 8:26-27 BDV

Jesus noem die Heilige Gees Parakleet, wat “Voorspraak” beteken, iemand wat namens ons optree. Hier lees ons dat die Heilige Gees vir ons intree. Hy bid vir ons, namens ons, in ons eie hart. Die Gees neem eintlik ons gebed oor! Hy verander dit en verbeter dit. Hy neem weg wat nie in God se wil is nie. Hy bid vir dit wat ons werklik benodig, nie wat ons dink ons nodig het nie.

Hierdie waarheid is vir ons ‘n baie groot troos! Ons is dikwels biddeloos, maar die Gees in ons bid voortdurend. Ons bid op ‘n selfsugtige manier, maar Hy bid volkome in God se wil. Weet jy wat? Gebed is nie ‘n lys versoeke nie. Dis nie om jóú wil op Sý agenda te probeer skryf nie. God weet reeds wat jy nodig het. Gebed is veral om Sý wil te bekom, om te vra wat Hý van jou verlang. Dis waarmee die Gees gedurig besig is: om ons in God se wil in te bid!

Volmaakte Voorspraak, dankie dat U vir my by die Vader intree. Dankie dat U my gebrekkige gebede verbeter, dat U dit bid wat ek werklik nodig het. Ek vertrou U volkome! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –