4254 Die Gees wat roep

6 En omdat julle sy seuns is, het God die Gees van sy Seun uitgestuur tot in ons harte, die Gees wat roep: "Abba, Vader!" 7 Jy is dus nie meer slaaf nie, maar seun; en as jy seun is, is jy ook erfgenaam deur God. Gal. 4:6-7 BDV

Die Heilige Gees word ook Parakleet genoem, “Voorspraak.” Dit verwys na iemand wat namens jou praat of wat vir jou intree. Die Bybel sê uitdruklik dat die Gees vir ons by die Vader intree. Hy bid vir ons – trouens Hy “sug”, Hy roep, Hy pleit dat God se wil in ons lewe sal geskied. Hoe mooi is dit? Veral omdat ons self so min roep en pleit om in God se wil te wees! Hier lees ons dat die Heilige Gees spesifiek “abba” in ons harte roep, wat pa of vader beteken. Onthou, die Gees se bedoeling is altyd om ons verhouding met God vas te maak en te versterk – spesifiek ‘n Pa-kind verhouding.

Kom ons tree in daardie verhouding wat die Heilige Gees wil vestig! Kom ons verstaan ons kindwees, kom ons beleef God se Vaderhart! Kom ons vertrou ons Pa volkome soos kinders doen. Bo alles, kom ons wees lief vir Abba, vir ons Pappa, soos net ‘n kind kan wees: onvoorwaardelik, hartstogtelik.

Abba Vader, dankie dat U mý Pa is. Dankie dat my volkome verstaan. Help my, deur u Heilige Gees, om ‘n kind te wees waarop U trots is. DIT is my hartsbegeerte! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –