4255 Goeie nuus, goeie nuus

18 "Die Gees van die Here is op My, want Hy het My gesalf om die goeie boodskap aan arm mense te verkondig. Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word, en vir blindes dat hulle weer sal sien, om onderdruktes te bevry, 19 en om die genadejaar van die Here aan te kondig." Luk. 4:18-19 BDV

Hierdie woorde uit Jesaja 61, wat Jesus in Nasaret se sinagoge voorgelees het, beskryf die werk van die Messias. Jesus het dit op Homself van toepassing gemaak en ook getrou uitgeleef. Die Gees van die Here (Kurios) was op Hom en Hy het goeie nuus (die “evangelie”) gebring aan armes, gevangenes, blindes en onderdruktes. Hy het die “genadejaar” van God aangekondig, Sy amnestie: skuld word afgeskryf, slawe vrygestel, oortredings oorgesien. God se koninkryk het “naby” gekom, in Jesus se eie woorde.

Let op dat die evangelie twee kante het: letterlik en geestelik. As ons net preek en nie vir armes en onderdruktes prakties help nie, het ons net ‘n halwe evangelie. As ons net opheffingswerk doen en mense nie by God uitbring, wat hulle van hul geestelike gebondenheid en blindheid kan genees nie, is dit ook net ‘n halwe evangelie. Die evangelie is beide. Die Gees van die Here dryf ons tot beide. Ek en jy moet by beide betrokke wees, op die maniere wat ons kan.

Hemelse Vader, dankie dat die genadetyd in Jesus Christus aangebreek het. Ek neem dit aan! Dankie vir u vrylating en vergiffenis, maar ook vir elke dag se versorging en voorsiening. Help my om u genade weer verder aan te gee, in Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –