4256 In die skadu van Eljon

35 Die engel het haar geantwoord: "Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees; Hy sal Seun van God genoem word.” Luk. 1:35 BDV

Die Heilige Gees word hier die “Krag van die Allerhoogste” genoem. Dit is ‘n direkte verwysing na God se Hebreeuse Naam, Eljon – die “Allerhoogste”. Die Heilige Gees is Eljon se krag, wat in Maria sal inkom en haar bevrug met die Heilige, die Seun van God. Wat ‘n wonderwerk!

Eljon se krag is ook in ons, sê die Woord – dieselfde krag wat Jesus uit die dood gewek het. Dieselfde Heilige Gees is ook oor ons uitgestort en vervul en bekragtig ons. Let op: wonders gebeur steeds. God genees steeds deur sy Gees. Hy wek op, Hy bevry, Hy verhoor, Hy gryp in. Vir ons wat glo is dit ‘n werklikheid. Voel jy vandag swak? Mag die Allerhoogste jou dan vandag oorskadu, deur sy Gees, en mag jy die wonder van sy werking beleef. Van jou kant af kan jy vandag net in die skadu van die Allerhoogste bly. Naby Hom, want dis waar jou krag is!

Allerhoogste God, dis wonderlik hoe U in mense werk. Oorskadu my ook, deur u Heilige Gees, doen in my soos U wil. Bekragtig my, sodat ek – swak soos ek is – vandag sterk kan wees. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –