4257 Dis wat genade doen

14 Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees as vlekkelose offer aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien? Heb 9:14 BDV

Jesus se offer aan die kruis was, anders as die Ou Testamentiese offers, eenmalig en finaal. Christus gee Homself, onder leiding van die “Ewige Gees”, as ‘n “vlekkelose offer” wat nooit weer herhaal hoef te word nie. Sy kruisdood reinig ons gewete eenmaal vir altyd, anders as die Ou Testamentiese offers wat ‘n skuldige gewete net tydelik kon stil.

Hier is vir ons ‘n belangrike les in. As jy Jesus opreg aangeneem het, is al jou sonde vergewe, eens en vir altyd, ook die sonde van die toekoms. Dis wat genade doen! Oordrewe skuldgevoelens of vrees dat jy verlore gaan, is dus onvanpas en onnodig. Laat die Heilige Gees jou eerder help met jou sonde en foute. As Hy iets uitwys, bely dit so gou as moontlik. Aanvaar dan (weereens) God se vergiffenis. Probeer ook om jou sonde te verstaan. Waarom is sekere dinge altyd ‘n probleem? Wat “doen” dit vir jou? Hoe kan jy daarvan weggroei? Die Heilige Gees sal jou graag hiermee help!

Hemelse Vader, dankie vir die groot genade wat daar deur die bloed van Christus is. Dankie dat my sonde nie langer tussen my en U staan nie. Help my, deur die Heilige Gees, om weg te groei van alles wat U nie behaag nie. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –