4258 Skryf so ‘n brief

3 Julle is duidelik 'n brief van Christus wat deur ons diens opgestel is, geskryf, nie met ink nie, maar net die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte. 2 Kor. 3:3 BDV

Paulus skryf hierdie brief aan die Christene in Korinte, maar hy sê die eintlike brief wat hy vir hulle skryf, is die een wat Hy deur die Heilige Gees op hulle harte skryf . Hy bedoel dat sy besoek aan hulle, en sy woorde en dade in hulle harte ingegaan en hulle verander het. Hoe mooi! Ons skryf op mekaar, nie waar nie, deur ons woorde en dade. Ons beïnvloed mekaar deur ons gedrag. Ons vryf af op mekaar.

Gelukkig kan ons bepaal wát se brief ons op ander se harte skryf! Watter indruk laat ons op hulle? Wat dink hulle van ons woorde en dade? Hoe sal hulle ons onthou? Dis belangrik dat ons nie sommer enige brief op ander se harte skryf nie, maar ‘n “brief van Christus”. Ja, ander moet iets van die Here in ons raaksien. Laat die “Gees van die lewende God” jou lei om só ‘n brief te skryf: ‘n mooi brief, ‘n sagte, bemoedigende, liefdevolle brief.

Hemelse Vader, help my, deur u Heilige Gees, om ‘n brief van liefde en genade op ander se harte te skryf. Maak my optrede ‘n getuienis van die lewende God. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –