4259 As daar druk kom

19 En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20 Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat. Mat. 10:19-20 BDV

Jesus waarsku sy dissipels dat hulle vervolging moet verwag. Dit sál gebeur. Wanneer dit gebeur, kan hulle egter voor die mense van Hom getuig. Hy voeg by dat hulle nie bekommerd moet wees oor wat hulle in daardie oomblikke sal sê nie.  Die “Gees van julle Vader” – soos Jesus die Heilige Gees hier noem – sal vir hulle lei.

Ons dink soms dat ons vervolging sal vryspring, maar ons kan nie werklik nie. “Almal wat godvrugtig wil leef, sal vervolg word.” Dit sal gebeur, want die wêreld hou nie van die lewe wat ons leef of die boodskap wat ons bring nie. Wanneer dit gebeur, sal die Heilige Gees jou in daardie oomblik tot ‘n getuie maak. Sien dit so: as jy ‘n Geesvervulde lewe leef, is al jou woorde en dade Geesvervuld. Dan kan elkeen sien wie en wat jy is, in watter situasie ook al. Hoe jy jou onder druk gedra, is veral ‘n sterk getuienis. Laat die Gees van jou Vader jou sterk en sensitief maak!

Heilige Vader, vul my met u Gees. Vervul my woorde en dade met liefde, vreugde en vrede. Gee my die krag om sterk te staan as daar druk kom. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –