4261 Komaan, wees bly!

Ja, ek sal voortdurend bly wees, 19 want ek weet dat dit alles tot my verlossing sal lei, omdat julle vir my sal bid en die Gees van Jesus Christus my ondersteun. Fil. 1:18b-19 BDV

Paulus skryf hier uit die gevangenis. Mens bemerk ‘n sekere moedeloosheid by hom. Hy sê sommige leraars se optrede stel hom diep teleur. Hy praat ook oor sy dood en sê dat hy nie omgee om te sterf nie, want dan is hy finaal verlos. Die Here moet maar besluit. Vir hom is die lewe Christus en die sterwe wins. Ten spyte hiervan kom die tema van “blydskap” baie dikwels in hierdie brief voor. Dis asof die omstandighede Paulus dwing om die Here se vreugde te soek. Hy moedig ook die Filippense aan om hulle altyddeur te verbly. Die feit dat hulle vir hom bid en dat die “Gees van Jesus Christus” hom ondersteun, maak hom veral bly.

As jy tans moedeloos voel, moet jy dalk na Paulus luister: “Verbly jou in die Here! Weer sê ek: verbly jou!” Moenie wag tot iets jou bly maak nie. Nee, “verbly jou”! Blydskap is ‘n opdrag, veral as jy ‘n bietjie af voel. Komaan, wees bly! Daar is steeds so baie redes!

Hemelvader, dankie dat ek my altyd in U kan verbly. Dankie dat daar altyd rede vir blydskap is! Help my vandag, deur u Gees, om rondom my te kyk, u genade raak te sien en daaroor bly te wees. Dit maak so ‘n groot verskil! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –