4262 Waarheid en leuen

26 Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. Joh. 15:26 BDV

Jesus noem die Heilige Gees hier “die Gees van die Waarheid”. Hy sê (elders) dat die Gees ons in die volle waarheid sal inlei. Onthou dat Jesus die duiwel weer die “Vader van die leuen” noem. Hy praat nét leuens! Daar is dus twee stemme wat met ons praat: die Gees wat die waarheid praat en die duiwel wat die leuen praat. Ons moet besluit na wie ons sal luister!

Kom ons maak dit prakties. Baie van ons gedagtes is nie werklik waar nie. Die volgende is voorbeelde: Almal moet van my hou; alles moet altyd reg verloop; ek mag nie foute maak nie; ek moet alles kan beheer; ek is nie goed genoeg nie, ek kan dit nie hanteer nie; ek het nie krag hiervoor nie; hierdie situasie is vreeslik erg; God is nie in hierdie situasie nie, ensovoorts. Elkeen van hierdie gedagtes is ‘n volslae leuen! Kyk nou sorgvuldig na elkeen van hulle en vervang dit met die toepaslike waarheid. Die Heilige Gees sal jou lei.

Hemelse Vader, help my om meer beheer oor my gedagtes te neem. Help my, deur u Heilige Gees, om selfs subtiele leuens te onderskei en te weerstaan met die waarheid. U Woord is die waarheid! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –