4263 Jy weet Hy is

17 Hy is die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat die wêreld Hom nie sien nie en ook nie ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Joh 14:17 BDV

Jesus sê dat Hy weggaan, maar dat Hy die “Gees van die Waarheid” stuur om by ons en in ons te wees. Hy sê dat die wêreld nie die Heilige Gees kan ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien of ken nie. Onthou, die wêreld se uitgangspunt is “sien is glo”. Eers dit wat hulle kan sien en tas en toets is waar. Hoe kan die Gees egter gemeet word? Hy’s so groot soos die heelal, so vloeiend soos die eter, so waar soos skoonheid, soos poësie.

Vir ons as gelowiges werk dit egter andersom: “glo is sien”. Die Skrif sê die enigste toegang tot God is geloof. As ons in verhouding tree met God, kom Hy in ons in, deur sy Gees. Dan beleef ons sy leiding en sy troos, sy liefde,  sy vrede. Dan word hierdie dinge vir ons ‘n groter waarheid as al die waarheid in die wêreld! Niemand kan vir jou sê “dit is nie so nie”, want jy weet dit is. HY is!

Hemelse Vader, dankie dat U by my is, in my, deur u Heilige Gees. Gees van die Waarheid, U is vir my die grootste realiteit. Lei my in die waarheid. Leer my oor God se wil, oor die Here Jesus Christus, oor myself, oor die wêreld. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –