4264 Belofte en ontvangs

13 In Hom is julle, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees wat beloof is. Efes. 1:13 BDV

God se Gees word hier die “Heilige Gees van die Belofte” genoem. Paulus bedoel hiermee dat die Ou Testament die Gees belowe het as ‘n kenmerk van die nuwe tyd. Ook in die Nuwe Testament sê Petrus oor die Heilige Gees: Hierdie belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat die Here na Hom sal roep. Soms is gelowiges bang vir die werking van die Gees, want hulle ken dit nie. Dis egter onnodig. Die Heilige Gees is bloot God, wat jy reeds ken, wat in jou woon en werk! Hy is God-in-jou – wat ‘n troos!

Onthou dat ‘n lewe deur die Heilige Gees die normale lewe vir ‘n kind van God is. Moet dus nie wik of weeg nie – maak die belofte van die Gees jou eie! Aanvaar Hom en gee oor aan Hom. Leef vanuit die krag en leiding van God-in-jou, van God-die-Gees. Hoe gebeur dit prakties? Bid elke dag vir ‘n Geesgevulde dag. Leef dit dan uit met groot geloof.

Hemelse Vader, dankie vir u belofte om deur die Gees in my te woon. Ek het U so nodig! Ontmoet my vandag, vervul my met Uself. Help my om vandag kragtig te leef, deur u Gees. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –