4265 Gestempel en geseël

13 In Hom is julle, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees wat beloof is. Efes. 1:13 BDV

Paulus sê ons is “verseël” met die Heilige Gees. Wat sou dit beteken? Dink aan die wasseëls van die ou tyd, wat gebruik is om ‘n dokument te waarmerk of vir die werklike eienaar te bewaar. Dis amper soos ons ‘n stempel of handtekening gebruik. Nou ja, die Heilige Gees is God se seël op ons lewens. In Openbaring lees ons van ‘n engel met “die seël van die lewende God” in sy hand. Dink maar aan ‘n groot, amptelike stempel wat God se Naam bevat. Daarmee is al God se kinders op hulle voorkoppe verseël. God se stempel is die Heilige Gees in ons! Hy is die bewys dat ons egte kinders van God is.

Is jy ‘n egte kind van God – gewaarmerk, gestempel, geseël? Antwoord dan hierdie vraag: het jy die Here Jesus opreg aanvaar as Verlosser en Heer en wil jy as sy volgeling leef? Is jou antwoord “ja”? Dan is sy seël op jou kop, en sy Gees in jou hart!

Hemelse Vader, dankie dat U ook vir my gemerk het as u eie. Stempel u Heilige Gees oor my hele lewe: my motiewe, my denke, my woorde en dade. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –