4266 Die waarborg van sy werk

14 Die Gees is die waarborg, van ons erfenis om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid. Efes. 1:14 BDV

Paulus beskryf die Heilige Gees op verskeie plekke as ‘n “waarborg”. Die Bybelse woord arrabon beteken deposito of pand. Dis die bedrag wat jy vooruit gee as waarborg dat jy die res ook gaan betaal. Dit kan ook dien as bewys van goeie trou of die sekuriteit vir ‘n lening. In moderne Grieks is arrabona die woord vir ‘n verloofring. Dis baie gepas, want dit bewys en belowe dat die huwelik op pad is. 'n Waarborg, deposito of pand word gegee by die begin van ooreenkomste, as ‘n belofte dat die transaksie volvoer sal word.

So is dit ook met die Heilige Gees. Jesus maak beloftes, maar gaan dan weg. Sal Hy terugkeer om sy beloftes gestand te doen? Natuurlik sal Hy, want Hy’t die waarborg van sy Gees agtergelaat. Kom ons stel dit so: die feit dat die Heilige Gees in jou is, waarborg dat jy Jesus eendag persoonlik sal ontmoet. Jy sal! Jy sal in Sy oë kyk, gelowige, en Sy oë sal vir jou glimlag.

Hemelse Vader, dankie dat U werk in my gewaarborg is. Wat U begin het, sal U voltooi! Heilige Gees, doen u werk in my lewe. Verander my, maak my soos Jesus. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –