4267 Geweldig groot!

14 Die Gees is die waarborg van ons erfenis om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid. Efes. 1:14 BDV

Die Bybelse woord arrabon, soos Paulus die Heilige Gees noem, kom veral ooreen met ons konsep van ‘n “deposito”. ‘n Deposito is die bedrag wat jy neersit as bewys dat jy iets koop en dat jy dit ten volle sal betaal. Dis die eerste paaiement, wat impliseer dat daar nog paaiemente sal volg, tot alles betaal is. So is die Heilige Gees God se deposito in ons lewe, sy eerste paaiement aan ons. Die res is nog op pad!

Wat is die volle betaling dan, die “erfenis” waarvan Paulus praat, as die Heilige Gees net die eerste paaiement is? Die volle erfenis is geweldig groot, groter as wat enige mens kan dink! Die Skrif gebruik die volgende terme om dit te beskryf: ons erf die volle seën van Abraham, ons erf die koninkryk van God, ons erf die ewige lewe, ons erf “alles”. Ja, “ALLES”! Ja, dis bo ons verstand, maar ons weet dat ons erfenis gróót is, want ons God is groot!

Wonderlike God, U is my erfenis en my deel, U is my silwer en my goud, my begeerte en my behoefte. U is my doel en my toekoms! Heilige Gees, dra my deur tot aan die einde. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –