4269 As die Gees onttrek

29 Hoeveel erger straf dink julle sal iemand verdien wat die Seun van God vertrap het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, gering geag het en die Gees van genade uitgedaag het? Heb. 10:29 BDV

Die Hebreërskrywer moedig gelowiges aan om in geloof te volhard. Sommige het hul geloof laat vaar omdat hulle verdruk is. Ander het vreemde leringe begin glo. Nog ander het na hul heidense lewenstyl teruggekeer. Hulle wou bloot nie meer Christene wees nie. In hierdie verse word sulke mense in ernstige taal gewaarsku dat hulle hul in God gaan vasloop!

Dink ‘n bietjie: wat sou gebeur as die “Gees van Genade” van ons onttrek? Onthou, die Heilige Gees oortuig ons van sonde en geregtigheid. Hy maak ons harte sag en trek ons na God toe. Hy bring ons in verhouding met die Vader. As die Gees afwesig is, gebeur niks van hierdie dinge nie. Daar is geen berou nie, net hardheid, ongeloof. So een glo eenvoudig nie. Hy aanvaar dit nie. Hy lag dit af. Daarom is daar ook geen bekering en vergiffenis nie, geen nuwe lewe nie, geen ewige lewe. Niks. So een bly ver van God af en dis presies waar hy wil wees. Hoe jammer!

Hemelse Vader, verhoed dat ek ooit my rug op U draai, ooit die bloed van Jesus minag of die Gees van Genade uitdaag. Hou my naby aan U, hou my hart sag, oorgegee, liefdevol, begerig na U. Hou my op die regte pad! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –