4270 Soos die hemel

...wat liggaamlik uit die nageslag van Dawid voortgekom het, 4 wat na die Heilige Gees deur sy opstanding uit die dood kragtig aangedui is as die Seun van God – Jesus Christus, ons Here. Rom. 1:3b-4 BDV

In hierdie vers word die Heilige Gees andersom beskryf, naamlik die “Gees van Heiligheid”. Paulus sê die Gees het Jesus Christus uit die dood gewek, om te bewys dat Hy die Seun van God was. Die Heilige Gees sal ook eendag vir ons uit die dood opwek, om vir ewig by God te wees. Watter troos! Die dood is nie die einde van die lewe nie, dis die begin van die LEWE! In elk geval, die frase herinner ons weereens dat die “Heilige” Gees ons “heilig” wil maak.

Moet tog nie dat jou konsep van “heiligheid” beswaar word deur konnotasies van preutsheid of swaarmoedigheid nie. Dis nie wat heiligheid is nie. Ware heiligheid is geheel en al mooi, gevul met lig en liefde. Onthou, heilig-wees is om soos God te wees en Hý is so! As ons ware heiligheid teëkom, is dit soos die hemel – ons wil net daar bly! Die Heilige Gees begeer om ons só te maak! Ek en jy moet dit ook begeer.

Hemelse Vader, ek besef dat ek nie heilig is nie. In u heiligheid sien ek my eie onheiligheid raak. Maak my heilig deur u Heilige Gees! Buig my hart, sodat ek bereid word om dit te laat vaar wat my op hierdie pad terughou. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –