4271 Verligte geestesoë

17 Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader van alle heerlikheid, vir julle dit sal gee: 'n gees van wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan, 18 verligte geestesoë, sodat julle kan verstaan wat die hoop is wat sy roeping bied... Efes. 1:17-18a BDV

Baie Bybelvertalings vertaal “gees” hier as “Gees” – dat God ons die Heilige Gees, die “Gees van Wysheid” sal gee, die “Gees van Openbaring”, sodat ons God se dinge kan verstaan. En watter wonderlike dinge noem Paulus nie hier nie! Hy bid dat ons tog net sal verstaan:

  • ...wat die HOOP is wat sy roeping bied. Ons beland so gou in wanhoop en vertwyfeling. Die Heilige Gees wil egter ‘n onwrikbare, onwankelbare hoop in ons bou. Hoop vir môre, hoop vir altyd;
  • ...wat die RYKDOM van sy erfenis vir ons is. Ons gedagtes is dikwels so arm, terwyl ons in werklikheid koningskinders is. Ons gedagtes moet verryk word met geloof: geloof om te ontvang, geloof om te gee;
  • ...wat die GROOTHEID van sy mag in ons is. Ons mag nie in sak en as bly sit nie. Vir ons God is niks onmoontlik nie! Ons moet groter dink, groter glo, groter verwag, groter doen!

Ja, ons leef te klein, te skraal, te arm. Gees van Wysheid, open ons oë!

Ja, Hemelvader, gee ons “verligte oë van die verstand”. Help ons om weg te kyk, op te kyk, sodat ons U kan sien, en die groot werk wat U doen. Gee ons meer geloof, Here, gróót geloof! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –