4294 Brandende lampe

Ek het gesien: Kyk, daar was 'n menora van soliede goud. Bo-op was 'n oliebak met sewe lampe, elkeen met sewe tuite. Weerskante was daar twee olyfbome, een aan die regterkant van die oliebak en een aan die linkerkant. Sag. 4:2b-3 BDV

Terwyl die Jode hulle tempel herbou, sien Sagaria ‘n visioen. Hy sien ‘n menora met ‘n oliebak wat olie daaraan voorsien, asook twee olyfbome wat permanent die olie verskaf, sodat die menora altyd kan brand. Die Here bevestig daarmee dat die tempeldiens voortaan bestendig sou voortgaan. Dit sal gebeur, “nie deur mag of krag nie, maar deur my Gees”. Die olyfbome is die “gesalfdes” wat God daarvoor gebruik, naamlik hulle koning en priester.

Let op: ons eie lampe sal brandend bly as die Heilige Gees deur ons bly vloei. Dit sal gebeur as ons verbind bly aan Christus, God se Gesalfde. Een manier om dit te doen, is om ‘n praktiese  gesprek met God aan die gang te hou. Vra die Here byvoorbeeld soggens om jou deur die verkeer te help, bid vir diegene langs die pad, sê dankie wanneer jy betyds by die werk arriveer, groet jou kollegas met Jesus-liefde, neem besluite wat God sou behaag. Verstaan jy? Elkeen sal die Lig kan sien wat in jou brand!

Hemelse Vader, help my om nie in “mag of krag” te probeer werk nie, maar deur u Gees. Help my in Christus te bly, in verhouding te bly, in gemeenskap te bly, sodat sy Gees deur my kan vloei. Laat sý lig dan helder in my skyn! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7807249056?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –