4295 Helderder lig

15 Mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder 'n maatemmer nie, maar op 'n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik. Mat. 5:15-16 BDV

Lig – soos vuur en olie – is ook ‘n beeld van die Heilige Gees in die Skrif. Jesus sê ons lig wat voor die mense moet skyn, is ons “goeie werke”. Eintlik is ons goeie werke nie ONS goeie werke nie, maar GOD se goeie werk in ons. Dis immers die Gees wat die vrug van liefde, geduld, goedheid, vriendelikheid en genade in ons lewe dra. Paulus sê ons eie werke is meestal uit die “vlees” – ons sondige aard.

Hoe kan ons egter die Gees deur ons laat werk, gegewe dat ons so vleeslik is? Ons moet leer om telkens teen ons eie vlees te kies en eerder aan die Heilige Gees toe te gee. As die vlees byvoorbeeld kwaai wil reageer teenoor iemand, of jaloers of bang wil wees, moet ons dit herken en eerder die Gees toelaat om met sagtheid te antwoord, met liefde, met geloof. Konstante keuses vir die Gees verander ons gedrag en ons hart en ons lewe. So brand ons lig helderder!

Hemelse Vader, ek wil deur u Gees leef, nie in die vlees nie. Maak my bewus van my woorde en dade; help my om my eie motiewe te onderskei. Oefen my om keuses te maak weg van die vlees, sodat die vrug van die Gees duideliker in my lewe kan dra. Word verheerlik, Here, deur my woorde en dade! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7816913482?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –