4297 Rook in die tempel

1 In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op 'n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die tempel gevul. 2 Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg. Jes. 6:1-2 BDV

In 740 v.C. het Jesaja die Here op sy troon gesien. Die serafs voor Hom het so hard “heilig, heilig, heilig” geroep dat die tempeldeure daarvan geratel het. Rook het die tempel gevul. Later het die Jode gesê dat Jesaja (en ander) nie die Here self gesien het nie, want ‘n mens kan nie God werklik sien nie. Hulle het sy “verskyning” gesien, sy glansende teenwoordigheid, sy Shekina. Daardie verskyning is dikwels in die vorm van lig, vuur, ‘n wolk of rookwolk. Eeue later sien Esegiël weer die heerlikheid van die Here in die tempel, soos ‘n wolk. Hy sien egter hoe die wolk uit die tempel uitbeweeg, want die sonde daarvan was te erg. Skielik was die tempel net ‘n leë dop: vol godsdiens, maar sonder God. Hoe hartseer!

Vergeet maar eers van godsdiens. Soek God! Onthou egter dit: God se teenwoordigheid en heerlikheid verander jou. Dit bring jou op jou knieë. Dit maak jou skoon, dit transformeer jou. Jy sal nie kan nie bly soos jy is nie!

Heilige Here, ek wil nie bloot by godsdiens betrokke bly nie. Ek wil aangeraak word deur u teenwoordigheid, u vuur. Oordek my deur u Gees, werk in my met u krag, suiwer my uit, verander my hele lewe, bring my in lyn met u wil! In Jesus Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7854374294?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –