4299 Onskuldig soos duiwe

4299 Onskuldig soos duiwe

16 Kyk, Ek stuur julle uit soos skape onder die wolwe. Wees dan behoedsaam soos slange en onskuldig soos duiwe. Mat. 10:16 BDV

Een van die beelde van die Heilige Gees in die Skrif is die van ‘n duif. Duiwe is simbole van vrede en versoening. Hier, in Jesus se vergelyking, is ‘n duif simbolies van onskuld. Aangesien Jesus sy volgelinge onder die wolwe uitstuur, moet hulle versigtig wees, “behoedsaam” – wys in hulle woorde en dade. ‘n Slang weet immers hoe om gevaar te vermy. Hulle moet egter ook “onskuldig” wees, eg en opreg. Die woord wat die Bybel gebruik is “onvermeng”, suiwer, rein. Daarvan is ‘n duif ‘n simbool.

Ons word ook deur Jesus uitgestuur. Ons moet ook wys wees. Ons moet onderskei wie wat moet hoor. Nie almal is op die punt dat hulle Jesus wil aanneem nie. Ons “getuienis” moet mense nader trek aan God, nie afskrik nie! Bo alles moet ons eg en opreg wees. Mense verwag nie volmaaktheid nie, maar hulle verwag egtheid en eerlikheid. Wees dus ‘n egte vriend, ‘n egte mens, ‘n egte kind van God. Die Heilige Gees sal jou hierin lei.

Hemelse Vader, maak my opreg en onskuldig. Hou my hart rein en my motiewe suiwer. Ek wil eerlik en oop leef, sonder valsheid of fronte. Lei my om mense reg te benader: in liefde, maar met die waarheid. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7887058453?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –