4300 Laat Hy jou oorneem

4300 Laat Hy jou oorneem

18 En moenie deur wyn bedwelm raak nie; daardeur ontstaan losbandigheid. Inteendeel: Word vervul deur die Gees, 19 terwyl julle onder mekaar praat met die woorde van psalms, lofgesange en geestelike liedere. Sing, ja, sing van harte vir die Here. Efes. 5:18-19 BDV

‘n Laaste beeld vir die Heilige Gees wat ons wil aanraak is die van wyn. In hierdie vers vergelyk Paulus die effek van wyn met die werking van die Gees. Hy sê om vol wyn te wees lei tot allerhande sonde, maar om vol van die Gees te wees lei tot lofprysing en dankbaarheid. Wyn kan wel tot vrolikheid lei, wat egter kortstondig en eintlik hartseer is. Dis op niks gebaseer nie! Die vreugde van die Here, aan die ander kant, is gebaseer op God se liefde vir ons. Dit verander ons hele lewe; ons kan nie help om te loof en te dank nie!

As jy oor die Here opgewonde raak, as sy dinge vir jou mooi is, as jy Hom graag loof, as jou hart vol dankbaarheid is, kan jy weet dat dit die Heilige Gees is. Laat Hy jou nog meer daarvan gee! Gee aan Hom vrye teuels, laat Hy jou oorneem, jou skanse oorwin! Laat Hy jou lewe ‘n offer van lof maak aan die Vader.

Hemelse God, my hart is gevul met liefde en lof vir U. Ek wil deur die Heilige Gees sing en psalmsing, ek wil loof en prys! Ek wil U dank vir alles wat U vir my gedoen het. In Jesus’ Naam, amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7887094085?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –