4302 Samevatting: 7 Beelde van die Heilige Gees

Ons het nou verskeie beelde en metafore vir die Heilige Gees in die Skrif behandel. Beelde soos water, wind, vuur en olie beeld vloeibaarheid en krag uit. Dit kan selfs gevaar inhou as dit nie reg hanteer word nie! So is die Heilige Gees God se krag, God se aksie in die wêreld en in ons lewens. Die volgende sewe beelde is veral waardevol om te onthou:

  1. Wind – waar die wind van die Gees waai, kom nuwe lewe tot stand
  2. Water – waar die stroom van die Gees vloei, bring Hy vrugbaarheid
  3. Vuur – waar die vlamme van die Gees brand, suiwer Hy en inspireer Hy
  4. Olie – waar die olie van die Gees salf, bring Hy genesing en gawes
  5. Wolk – die Gees is God wat in sy heerlikheid verskyn
  6. Wyn – waar die Gees vervul, bring hy vreugde en krag
  7. Duif – waar die Gees neerdaal, daal sy vrede

 Druk gerus hierdie lysie van beelde uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7926967689?profile=RESIZE_400x

 

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –