4303 Sy geheime Naam

4303 Sy geheime Naam

11 Toe het ek gesien dat die hemel geopen is. En kyk, daar was 'n wit perd! Hy wat daarop sit, word getrou en waar genoem en met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12 Sy oë was soos 'n vlammende vuur en op sy kop was daar baie krone. En Hy dra 'n geskrewe Naam wat niemand ken nie, behalwe net Hy self. Openb. 19:11-12 BDV

Ons het nou honderde name, titels en beelde vir God bespreek: name vir die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Een naam kon ons egter nie bespreek nie, want ons weet nie wat dit is nie! Jesus Christus het nóg ‘n Naam, maar Hy hou dit eers geheim. In hierdie hoofstuk sien ons Hom as die Oorwinnaar. Hy ry op ‘n wit perd en lei die hemelse leër in die finale oorlog. Daar het Hy drie name: “Woord van God”, “Koning van die konings en Here van die here” en dan hierdie geheime een.

Wat beteken dit? Dit beteken dat Christus onkenbaar meer is as wat ons dink! Ons kan Hom nie volkome vanuit sy Naam verstaan, verklaar of voorspel nie. Hy is groter en meer as al die name wat ons vir Hom het! Iewers moet jy ophou om die Here te verstaan of uit te pluis. Jy kan nie! Besluit eerder om Hom te vertrou. Eendag, glo ek, sal ons wel daardie Naam ken – en alles verstaan!

Hemelse Here, dankie dat U soveel meer is as wat ek met my klein brein kan begryp. Help my eerder om U ten volle te vertrou. Dankie dat ek ook ingesluit is by u oorwinning! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7930071501?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –