4304 Sy nuwe Naam

4304 Sy nuwe Naam

12 Wie oorwin, sal Ek 'n pilaar in die tempel van my God maak en hy sal nooit weer daar uitgaan nie. Verder sal Ek ook die Naam van my God daarop graveer, en die naam van die stad van my God, dit is die nuwe Jerusalem, wat van my God uit die hemel neerdaal, en ook my nuwe Naam. Openb. 3:12 BDV

Dit is ‘n tema in Openbaring dat die Here sy Naam op ons skryf. Ons sien dit op verskillende plekke. Hier skryf Hy sy “nuwe Naam” op ons, wat dalk die “geheime Naam” is waarna ons al verwys het. Elders verseël sy engele al die gelowiges met die “seël van God” op hulle voorkoppe. Daar is ook ander voorbeelde. In die ou tye is ‘n slaaf getatoeëer met sy eienaar se naam. Dit gaan dus hier oor eienaarskap: ons behoort aan die Here, ons is gemerk en verseël as sý eiendom. Hý neem vir ons verantwoordelikheid – tot die einde! As die Antichris sý naam (666) op sý navolgers se kop of hand aanbring, is dit ‘n flou namaaksel van God se verseëling van sy heiliges.

Verbeel jou ander mense kan jou Eienaar se Naam op jou voorkop sien, en die naam van jou tuiste, die Nuwe Jerusalem, en nog ‘n Naam – die Naam van jou Verlosser. Hoe sal dit jou gedrag verander? Wel, dís soos ons gedrag behoort te wees!

Skryf u Naam op my, Here! U IS my Eienaar en Heer. U is so ‘n goeie Meester! Laat ek so leef dat almal kan sien aan wie ek behoort. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

7933858499?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –