4305 Hy ken my naam

4305 Hy ken my naam

5 Wie oorwin, sal net so wit klere kry om aan te trek, en Ek sal sy naam nie uit die boekrol van die lewe skrap nie, maar voor my Vader en sy engele oor hom getuig. Openb. 3:5 BDV

Reg hier aan die einde van ons studie oor God se name kyk ons ook na óns naam by die Here. Is dit nie wonderlik dat Hy elkeen van ons by die naam ken en roep nie? Hy doen! Trouens, Hy skryf ons naam in die “Boek van die Lewe”. Hier sê Hy as ons Sý Naam bely voor die mense, en “oorwin”, met ander woorde volhard, sal Hy óns naam bely voor die Vader. Ja, Jesus praat van ons voor die Vader en voor die engele! Wat sê Hy van ons? Hy sê dat ons aan Hom behoort. Hy sê dat Hy trots is op ons. Jesus spog met ons!

Is jou Naam in die Boek van die Lewe? As jy Christus opreg aangeneem het as Verlosser en Here, IS jou naam in sy boek! Sal jy volhard tot die einde? Wel, as jy WIL volhard, sal die Here jou help volhard. Dis sy belofte. Ja, jy SAL volhard, jy SAL oorwin!

Here Jesus, dankie dat my naam geskryf is in die Boek van die Lewe. Help my nou om die goeie stryd te stry, om die wedloop te voleindig, om die geloof te behou. Dankie dat U reeds vir my by die wenpaal wag! Dankie, Here, dat U reeds my naam vermeld by die Vader, dat U reeds die engele van my vertel het. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7937937083?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –