4307 Laat u Naam geheilig word

4307 Laat u Naam geheilig word

9 So moet julle dan bid: "Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. 10 Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde." Mat. 6:9-10 BDV

Ons het aan die einde gekom van ons studie oor die name van God. Ons het Hom nou op honderde maniere beskryf – wat ‘n reis! Vandag sluit ons af met Jesus se eie woorde oor God se Naam. Hy leer ons om daagliks te bid dat God se Naam “geheilig” sal word. Wat beteken dit?

  • Dit beteken dat ons sy Naam, en ál sy Name, slegs met agting sal gebruik
  • Dit beteken dat ons God self sal heilig en eer en dien, want sy Naam staan vir Hóm
  • Dit beteken dat die hele wêreld Hom eendag ook moet heilig en dien

Dít – dat die Naam van ons God persoonlik en universeel geheilig sal word – is ons gebed en ons roeping en ons doel. Heilig God se Naam dan vandag deur jou gesindheid, jou gedagtes, jou woorde en jou dade!

Hemelse Vader, laat u Naam   geheilig word: laat elke woord en daad U eer, sodat ander U in my kan sien. Laat u koninkryk kom in my lewe, soos U meer en meer regeer. En laat u wil geskied, in die hemel en op aarde, tot elke mens U dien! In Jesus’ Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7950532881?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –