4309 In die kragveld

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes. Heb. 4:12 BDV

Ons begin ons reis deur die Woord met hierdie vers. God se Woord is anders as al die ontelbare woorde wat al deur mense gesê en geskryf is. Mense se woorde is dooie simbole, klanke of letters wat deur die hoorder of leser geïnterpreteer en verstaan moet word. Dit het geen intrinsieke krag nie. God se Woord is egter insigself “lewend en kragtig”. Dit is deel van Hom – dit dra sy energie oor, dit skep en transformeer.

As jy die Bybel lees, begin die Heilige Gees werk. Hy maak ‘n ekstra dimensie vir jou oop. Antieke letters en woorde begin persoonlik met jou praat. Jy voel die Woord bring jou by ‘n keuse en jy moet antwoord: JA of NEE. As jy JA antwoord, begin jou lewe verander. Jou gedagtes verander, jou emosies verander, jou waardes verander. Jou prioriteite verander, jou doelwitte verander. JY verander! Staan hierdie jaar in die kragveld van die Woord en die Gees!

Almagtige God, dankie vir u Woord wat my lei en leer. Ek maak myself oop vir die Heilige Gees, om met die Woord tot in my siel en gees deur te dring en daar ‘n diep werk te doen. Beoordeel my hart, Here, genees my siel, bring my gedagtes en woorde en dade in lyn met u wil. Amen.

BEDINK VANDAG: As ek die Woord oopmaak, Here, maak dit vir my oop!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7986921492?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –