4310 Hoe meer jy lees

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes. Heb. 4:12 BDV

In hierdie vers word God se Woord vergelyk met ‘n swaard, soos elders in die Bybel. Hierdie swaard is super-skerp, soos ‘n skalpel, ‘n chirurgiese snymes wat deurdring tot by die raakpunt tussen siel en gees. Wat beteken dit? Dit beteken dat die Woord ontsettend diep in die hart insny.

Ons SIEL is ons binne-mens (wat ons vandag beskou as ons gedagtes, gevoelens en wil) en ons GEES lê selfs nog dieper: die onbewuste plek waar ons diepste dryfvere lê, daar waar God alleen ons ken en waar Hy woon. Eintlik kan geen mens onderskei waar die siel ophou of die gees begin nie, maar die Here kan. Daar, diep, diep in jou gees werk Hy sy operasie. Met die Woord se skerp snitte verander Hy jou hart en jou gedagtes. Jy is meestal onbewus daarvan, maar hoe meer jy die Woord lees, hoe meer gebeur dit. Soos jou hart verander, so verander jou woorde en dade, jou hele lewe! BLY in die Woord.

Hemelse God, sny met u Woord in my hart in. Doen die genesingswerk, herstelwerk, opbouwerk. Rus my toe. Help my om genoeg tyd te neem vir u Woord: gelees, gehoor, gesing, gebid, gepreek, gedoen. Amen.

BEDINK VANDAG: Lewende Woord, verander my van binne na buite!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7990266497?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –