4312 Laat God praat

1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2 Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef, 3 en God het gesê: "Laat daar lig wees!" En daar was lig. Gen. 1:1-3 BDV

Die Bybel begin met God wat skep. Aan die begin was die wêreld “woes en leeg”, donker en deurmekaar. Oor dit alles het die Gees egter gesweef, wat ons herinner dat God se volle skeppingskrag teenwoordig was. Dan spreek God sy eerste woord tot die skepping: “Laat daar lig wees”. Onmiddellik is die toneel verlig. Dan bring die ander skeppingswoorde alles tot stand: die lug, die see, die grond, die plante, diere, mense. God maak alles volmaak: ‘n lushof, ‘n paradys!

Dieselfde tafereel speel ook in ons eie lewens af. Die Skepper is steeds met ons besig – sy skeppingswerk is nie klaar nie! Sy Woord skakel steeds die ligte vir ons aan, sy Gees skep steeds orde in ons chaos, sin in ons stukkend-wees. Die Woord en die Gees is steeds die manier hoe ons groei. Is dinge donker? Is daar wanorde? Maak die Woord oop; laat God praat! Vra dan die Gees om dit vir jou toe te pas. Daar is geen ander manier nie.

Dankie Vader, dat U steeds met my besig is. Laat u Woord ook in my lewe skeppend inwerk, deur die krag van die Gees, om my te bring waar ek moet kom. Maak iets mooi in my lewe! Amen.

BEDINK VANDAG: Herskep my lewe, deur u Woord en Gees!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8003301487?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –