4313 Ek is dit waardig 

26 God het gesê: "Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg." Gen. 1:26 BDV 

Die skeppingsverhaal vertel vir ons hoe God sy hele skepping ontwikkel, vanaf die mees elementele dele tot by die mees komplekse skepping in die heelal, naamlik die mens. Oor die mens besin God eers, en skep hom dan doelbewus sodat hy soos HY lyk, na SY beeld. Op ‘n manier kan iets van God gesien word in elke mens, soos ‘n kind na sy pa trek. As jy die een sien, sien jy die ander. Eendag sal ons presies weet wat dit beteken! 

In elk geval, hierdie waarheid het ernstige implikasies. Dit maak elke mens waardevol. Elke mens verdien respek – nie oor wat hy doen nie, maar oor wie hy is: ‘n beelddraer, ‘n geliefde. As jy met ‘n mens te doen het, het jy met sy Skepper ook te doen. Dit geld ook vir jou. Ook jy is waardevol en kosbaar. Ook jy verdien respek. Word jy afgekraak, verneder, geboelie? Voel jy al skoon minderwaardig? Dis ‘n leuen! Lig op jou kop, waardige mens – van vandag af! 

Liefdevolle Here, help my om elke mens met respek te hanteer, ter wille van U wat hom gemaak het. Help my ook om in selfwaarde te groei. Help my om op die regte manier op respek aan te dring; ek is dit waardig! Amen. 

BEDINK VANDAG: Ek verdien respek en ek bewys respek.  

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier. 

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options. 

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier 

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com 

8006993483?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –