4317 ‘n Ewige siel

7...het die HERE God die mens met stof uit die grond gevorm, en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword. Gen. 2:7 BDV

God maak die mens uit die grondelemente van die aarde: koolstof, suurstof, kalsium, water, proteïne, selle, weefsel, organe… Waar die diere bloot begin lewe het, met die natuur-lewe in hulle, doen God met die mens iets anders. Hy buig vooroor en blaas in hom die “asem van lewe” in, sy eie “Asem” – Ruach, wat in Hebreeus ook “Gees” beteken. So word die eerste mens wakker: ‘n aardse “liggaam” en ‘n hemelse “gees” wat saam ‘n lewende “siel” (die Hebreeuse woord hier) vorm.

Ja, ons is meer as die diere, meer as net die eindproduk van blinde evolusie. Ons het nie net die lewe van alle diere in ons nie, ons het God se lewe in ons. Daarom vergaan ons siel nie meer nie. Ons leef voort, vir ewig. Wat beteken dit prakties? Wel, ons lewe is SY lewe, en ons moet dit vir HOM leef. En soos ons lewe by God begin het, so moet dit ook weer by Hom eindig. Wat ‘n voorreg, wat ‘n verantwoordelikheid!

Dankie Skepperheer, vir u lewe in my. Leer my wat dit beteken om vir U te lewe, en help my dan om só te lewe. Ek WIL vir U lewe en ek WIL vir ewig by U lewe! Amen.

BEDINK VANDAG: Ek leef vir God, ek leef vir ewig!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8025706896?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –