4318 Teenoorstaandes, gelykes

18 Die HERE God het ook gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n helper maak, as sy gelyke." Gen. 2:18 BDV

Eva is ‘n hulp wat by Adam “pas”, sy “gelyke”, soos dit hier vertaal is. As mens letterlik na die woord kyk wat gebruik word, dui dit op ‘n “teenoorstaande,” ‘n “spieëlbeeld” of “komplement”. Eva is Adam se “ander helfte”! Hier by die skepping van die mens word man en vrou gelykwaardig geskape. Hulle is saam die helftes van die geheel, en helpers van mekaar, omdat elkeen is wat die ander nie kan wees nie.

Ons kies steeds ons maats so, sodat hulle kan aanvul wat ons nie is nie. Ons streef steeds om deur hulle heel te word, kompleet te wees. Waardeer dus julle verskille! Moenie probeer om jou maat te verander nie. Verstaan eerder julle verskille, vier dit! Eintlik kan ons net onsself verander, maar in ‘n atmosfeer van onvoorwaardelike aanvaarding WIL ons onsself verander om ons maats te behaag. So, en slegs so, groei ons na mekaar toe.

Ewige Vader, help my om in my huwelik reg met ons verskille om te gaan. Help my om onvoorwaardelik te aanvaar en help my om onvoorwaardelike aanvaarding te beleef. Ek het dit ook nodig! Amen.

BEDINK VANDAG: Jy is jy en ek is ek – prys die Here!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8030921284?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –