4319 Let op jou woorde

19 Toe vorm die HERE God uit die grond al die diere van die veld en al die voëls van die hemel, en Hy bring hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem; en wat ook al die mens 'n lewende wese genoem het, dit was sy naam. Gen. 2:19 BDV

In die ou tye was naamgewing van groot belang. Dit was ‘n daad van insig en beskrywing en heerskappy. Soos jy iets noem, so was dit immers. Daarom is dit betekenisvol dat Adam die diere onder sy beskerming name moes gee. Dit het behels dat hy hulle ken, klassifiseer en beheers. Dit het bewys dat God hom verantwoordelikheid oor die skepping gee.

God gee steeds vir ons die verantwoordelikheid om deur ons woorde te heers. Met ons woorde gee ons immers identiteit aan ons situasie, ons gevoelens, ons verhoudings en aan mekaar. As jy sê iemand is sleg, is daardie persoon geëtiketteer en geoordeel. As jy sê alles is hopeloos, het jou lewe daardeur hopeloos geword. Laat ons dus versigtig praat. Laat ons die Bybelse waarheid praat. Sê tog daar is alle hoop, sê God sal ingryp, sê die situasie is hanteerbaar – dis die waarheid! Sê iemand doen goed, sê dankie. Spreek woorde van hoë waarde, spreek geloof, spreek liefde. Let op jou woorde: dit bepaal jou werklikheid!

Hemelse Vader, dankie vir die verantwoordelikheid om te sê hoe dinge is. Help my om in geloof te praat, nie in ongeloof nie. Help my om op te bou, nooit af te breek nie. Help my om ‘n werklikheid te beskryf wat vol hoop en liefde is, wat vol van U is! Amen.

BEDINK VANDAG: My woorde bepaal my werklikheid.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8034118480?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –