4320 Nie skaam nie

24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een vlees word. 25 Hulle twee was naak, die mens en sy vrou, maar hulle was nie skaam vir mekaar nie. Gen. 2:24-25 BDV

Hierdie vers bevat die instellingswoorde van die huwelik. Dit beskryf die Bybelse blik oor die huwelik mooi. Let op:

  • Om hul ouerhuis te “verlaat” beteken die man en vrou (dit geld vir beide) het volwasse geword, gereed vir onafhanklikheid. Dis belangrik, want die huwelik vra groot volwassenheid.
  • Om mekaar “aan te kleef” dui op die huwelik en liefde. Dit beskryf so mooi hoe twee siele mekaar vind en begin saamgroei. Hulle is nie meer twee nie, sê die Here, maar één.
  • Om “een vlees” te word dui op seks. Onthou, in die Bybel was maagskap ‘n vereiste vir die huwelik. Huwelik en seks was die twee kante van dieselfde munt.
  • Om “naak” te wees, maar nie skaam nie, dui op die deursigtigheid, die weerloosheid wat intieme saamleef meebring. Dit beskryf die “ek ken jou beter as wat jy jouself ken” wat later ontwikkel. Hoe mooi!

Gee méér vir jou huwelik! Maak julle gesprek dieper, praat oor julle gevoelens, oor julle behoeftes, oor wat julle waardeer. Bewys weer liefde!

Liefdevolle Here, verhoed dat ons in ‘n groef beland, of dat ons uitmekaar groei. Gee vir ons die ruimte om uit ons hart te kan praat. Gee ons genade, dat ons mekaar weer vind, dat ons liefde weer mooi en warm word. Amen.

BEDINK VANDAG: Gee liefde, ontvang liefde!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8038535067?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –