4321 Met wie praat jy?

4 Die slang sê toe vir die vrou: "Julle sal beslis nie sterf nie. 5 Maar God weet dat die dag wanneer julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan. Dan sal julle word soos God, wat goed en kwaad ken." Gen. 3:4-5 BDV

Die Paradys was wonderlik totdat Eva een dag met die slang in ‘n gesprek betrokke raak. Hulle praat oor God se verbod oor die Boom van Kennis. Die slang verdraai God se woorde effens, maar sy stel hom reg. Dan gee hy haar ‘n totaal ander weergawe van God se redes. Skielik twyfel sy. Wie moet sy glo? Haar nuwe inligting maak egter ‘n begeerte in haar los. Sy wil ook sulke kennis hê! Dan eet sy die verbode vrug.

Laat ons tog onthou om nie met die slang ‘n gesprek aan te knoop nie! Hy spreek in ons situasie in deur ons gedagtes, deur die waardes van die wêreld of deur ander mense. Hoe meer ons met hom praat, hoe meer geloofwaardig klink sy woorde, hoe verleideliker sy oplossings. Nee, ons voer nie onderhoude met die vyand nie. Ons herken sy subtiele stem, ons weier sy twyfelagtige opsies. Ons beveel hom weg. Ons vrae en vrese, ons drome, ons hartsbegeertes deel ons NET met die Here.

Hemelse God, ek het soveel vrae! Daar is soveel wat ek nie verstaan nie. Help my om met U te bly praat oor alles wat in my hart is. Help my om nie afgetrek te word deur die vyand nie, nie weggetrek te word van U en u wil nie. Verhoed dat ek versoek word en bewaar my van die Bose! Amen.

BEDINK VANDAG: Ek praat nie net van God nie, ek praat met God.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8047972063?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –