4322 Waar is jy?

9 Die HERE God het na die mens geroep en vir hom gevra: "Waar is jy?" 10 Hy het geantwoord: "Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip." Gen. 3:9-10 BDV

Adam en Eva eet van die “Boom van Kennis van Goed en Kwaad”. Ek glo God wou met hulle ‘n pad stap om daardie kennis op te doen, maar hulle kies die kortpad, die sonder-God-pad. Toe hulle oë oopgaan met die kennis wat hulle begeer het, is hulle eerste kennis, ironies genoeg, hulle eie kwaad en oortreding. Toe God dus kom, kruip hulle vir Hom weg agter die bome. Sy vraag “Waar is jy?” bring onmiddellik hulle kondisie na vore: ons is naak, skuldig, bang!

As God vir die mens vra, “waar is jy”, beteken dit nie dat Hy dit nie geweet het nie. God is alwetend. Hy wil hê Adam moet dit vir homself antwoord, hy moet ’n bestekopname maak, hy moet besef waar sy sonde hom gebring het. God vra hierdie vraag steeds vir die mens. Ons moet steeds kan antwoord waar ons staan met ons lewe, met die goed en die sleg, met ons verhouding met Hom. Ja, presies waar staan jy wat dit betref?

Liefdevolle Vader, lei my deur u Heilige Gees om my hart en lewe te ondersoek. Waar staan ek in U oë? Waar kán ek staan, volgens u wil en u droom vir my? Hoe kan ek daar kom? Help my dan om te kom waar ek moet wees, in Jesus’ Naam. Amen.

BEDINK VANDAG: Waar is ek in my lewe? Waar is ek met God?

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8049916266?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –