4324 Leef met die tekens

12 God het gesê: "Dit is die verbondsteken wat Ek plaas tussen My en julle en al die lewende wesens by julle, vir toekomende geslagte: 13 My boog plaas Ek in die wolke. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en die aarde." Gen. 9:12-13 BDV

Nadat die wêreld amper uitgewis is deur ‘n vloed, belowe God dat dit nie weer sal gebeur nie. As teken daarvan gee Hy die reënboog in die wolke. As ons die reënboog sien, moet ons dit onthou. Leer jouself dus aan om nie net ‘n reënboog te sien nie, maar ook God se goedheid, en die hoop en redding wat in Hom is. Sê dan dankie!

Ons moet leer om te leef met ‘n veel groter bewussyn van God om ons. Sy tekens is oral! Jesus het bv. gesê ons moet let op die voëls van die hemel en die blomme van die veld. Dit moet ons herinner dat God vir ons sorg, dat ons met heerlikheid beklee is. Eweneens, as ons die wolke raaksien, moet ons dankie sê dat Hy weer kom; as daar duiwe in die tuin is, moet ons bewus wees van die Heilige Gees se teenwoordigheid. Ook brood, die wyn, die water, die vrugte – alles vertel vir ons van God! Kyk maar net om jou.

Hemelse Helper, help my om vandag nie net deur my dag te jaag nie. Maak my oë oop, Here, om U op baie maniere raak te sien. Help my om daaruit nuwe moed en geloof en hoop te put. Amen.

BEDINK VANDAG: Ek leef in God se teenwoordigheid!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8056862290?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –