4325 'n Seën tot 'n seën

2 Ek sal jou 'n groot nasie maak; Ek sal jou seën en jou naam groot maak; sodat jy 'n seën sal wees. 3 Ek sal hulle seën wat jou seën; maar wie jou verwens, sal ek vervloek. Met jou as voorbeeld sal al die grootfamilies van die aarde hulleself seën toewens. Gen. 12:2-3 BDV

God tree in ‘n persoonlike verbond met Abraham. Hy eis van hom sekere dinge, waarby ons nog sal kom, maar Hy belowe ook vir hom dinge: grondgebied en ‘n groot nageslag. Dan sê God oor en oor dat Hy Abraham sal seën. Hy belowe aan hom ‘n persoonlike seën, ‘n nasionale seën en uiteindelik ‘n universele seën. Sy seën sal bly uitkring!

Dis soos seën moet werk, hoor: dit word aangegee! Kyk hoe stel die Here dit hier: Hy sal Abraham seën, sodat Abraham ook vir ander ‘n seën sal wees. Sien dit so: God wil nie net vir jou seën nie, maar ook vir ander déúr jou. Die seën wat jy ontvang moet jy dus noodwendig weer aangee. Dit geld vir alles wat jy van die Here ontvang: liefde, vrede, genade, vergiffenis... Ja, gee dit deur: “verniet het julle dit ontvang, verniet moet julle dit gee!” Moenie die kanaal verstop deur dit alles vir jouself te hou nie – hou die vloei aan die gang!

Troue Verbondsgod, ek het soveel genade van U ontvang. Help my om dit ook weer met ander te deel. Help my om ander te seën met liefde, genade en vergiffenis. Hoe meer ek gee, hoe meer kan ek weer ontvang! Amen.

BEDINK VANDAG: Ek is geseënd om te seën. Wie moet ek seën?

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8062771092?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –