4328 Seën my, Here!

26 Hy het gesê: "Laat my gaan, want die dag breek." Maak Jakob het gesê: "Ek sal u nie laat gaan nie, tensy u my seën." 27 Toe vra hy: "Wat is jou naam?" En hy antwoord: "Jakob." 28 Toe sê hy: "Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel. Want jy het met God en mense stryd gevoer, en het oorwin." Gen. 32:26-28 BDV

Iets vreemd het met Jakob gebeur by Jabbok. Toe hy alleen in die nag deur die spruit gaan, beangs dat sy broer hom dalk die volgende dag sou doodmaak, was daar skielik ‘n Man by hom. Om een of ander rede het hulle die hele nag gestoei. Nie een kon die oorhand kry nie. Teen dagbreek het die Man gesê om Hom nou te los. Jakob het egter vasgeklou. Hy’t  gesê hy sal net los as hierdie Man, wie Hy besef het God was, hom sou seën. Daarop het hy ‘n seën en ‘n nuwe naam gekry. Die volgende dag het sy broer hom hartlik ontvang.

Daar is waarskynlik goeie teologiese en sielkundige interpretasies vir hierdie gebeure, maar vir my is Jakob se aandrang om geseën te word die aangrypendste. Onthou, ons het God se seën so nodig soos ons asem; daarsonder is ons niks en het ons niks. Besef jy dit vandag? Stry dan daarvoor, en moenie die Here los voor jy sy seën ontvang het nie!

Geheimenisvolle God, ek voer my eie stryd en het my eie vrese. Ontmoet my ook in my krisis; praat met my, gee my nuwe begrip en insig; laat die dag breek op ‘n nuwe en geseënde seisoen. Ek sal U nie laat los totdat U my geseën het nie! Amen.

BEDINK VANDAG: Ek sal U nie laat los totdat U my geseën het nie!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8082415869?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –