4329 Leer om te seën

20 Daardie dag het hy hulle geseën met die woorde: “Met jou as voorbeeld sal Israel 'n seën uitspreek, ‘Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.’” Gen. 48:20a BDV

Toe Jakob oud is, seën hy sy kinders en Josef se kinders. Vir elkeen het hy ‘n spesiale woord. Vir Josef se seuns sê hy byvoorbeeld die bogenoemde en dis mooi dat Jode tot vandag hulle seuns met presies dieselfde woorde seën: Ye-simcha Elohim ke-Ephraim ve'chi-Menashe.

Kom ons seën ons kinders ook gereeld! Doen dit gerus soos die aartsvaders húlle kinders geseën het:

  • Met gepaste aanraking: sit jou hand op ‘n skouer of gee ‘n drukkie;
  • Met woorde van hoë waarde: sê wat jy van hulle waardeer, lig sy of haar sterk punte uit;
  • Met ‘n hoopvolle toekoms: sê dat dinge mooi gaan uitwerk, dat die Here sal onderneem;
  • Met ‘n gebed, net daar of privaat agterna. Onthou, ‘n seën is nie net woorde nie, maar God se woorde: dis profeties, want jy sê wat Hý sê. Bid dit en glo dit, in Jesus’ Naam!

Seën jou kinders so, of enige-een op jou pad. Elkeen van hierdie elemente, hoe dit ook al gegee word, is self ook ‘n seën!

Liefdevolle Vader, help my om ‘n seën te wees vir ander. Help my om mense altyd op te bou met woorde van hoë waarde en van ‘n hoopvolle toekoms. Herinner my om vir hulle te bid. Om ander te seën is vir mý ook ‘n groot seën! Amen.

BEDINK VANDAG: Wie moet ek vandag seën?

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8086075497?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –