4330 ‘n Krisis het ‘n doel

Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou. Gen. 50:20 BDV

Josef se broers was jaloers op hom en het toe van hom ontslae geraak deur hom as slaaf te verkoop. Vir Jakob het hulle vertel dat ‘n wilde dier hom verskeur het. In Egipte het dit sleg gegaan met Josef. Hy was eers ‘n slaaf by Potifar en toe vir jare in die tronk. Uiteindelik kon hy in die paleis beland en sy familie van hongersnood red. God het sy krisis toegelaat met ‘n rede! Vandaar die mooi woorde in hierdie vers: hulle kwade bedoeling is deur God gebruik vir Sy goeie bedoeling.

Aanvaar gerus dat jou krisis ‘n doel inhou! Jy kan byvoorbeeld daaruit leer, jy kan daardeur groei, jy kan jou lewe in oënskou neem, jou prioriteite hersien. Dis nie dat God jou deur jou krisisse straf nie. Nee, God laat dit toe, Hy gebruik dit vir sy eie doel, Hy laat dit “meewerk ten goede”. Moenie jou krisis mors nie – werk daarmee! Vra die Here om die groeipunt in die krisis vir jou uit te wys.

Getroue God, ek weet nie wat die doel van hierdie krisis kan wees nie. Dit lyk so sinneloos! Help my egter om sin terug te vind in hierdie seisoen van my lewe. Leer my wat ek moet leer, leer my oorgee, leer my vertrou – trek my nader aan U in hierdie tyd! Amen.

BEDINK VANDAG: ‘n Krisis het ‘n doel.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8091787468?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –