4332 Bloed aan die deurposte

7 Hulle moet van die bloed neem en dit smeer aan die sykante en bokant van die deurkosyne by die huise waarin hulle dit eet. Eks 12:7 BDV

Toe die Jode in Egipte swaar verdruk is as slawe, het die Here hulle gebede verhoor en ingegryp. Elke gesin moes – op die eerste Pasga – ‘n vlekkelose lam slag en sy bloed aan die deurposte smeer. Daardie nag het die doodsengel deur Egipte gegaan en elke eersgebore kind laat sterf – behalwe waar die bloed aan die deurposte was. Toe kon die Hebreërs trek, na Israel toe, hul Beloofde Land. Vir duisende jare vier die Jode die Pasga nog net so.

Hierdie oer-narratief van Goddelike bevryding is ewe waar in mense se lewens. Ons is in die slawehuis van sonde vasgevang, maar Christus, die vlekkelose Lam, die Eersgeborene, het gesterf om ons verlossing te bewerk. Ja, toe al die Pasga-lammers daardie jaar in Jerusalem geslag is, word Hy gekruisig. Met Sy bloed aan die deurposte van ons harte is ons gered en op pad na die Beloofde Land, vir ewig by Hom! Antwoord hierdie dringende vraag: is sy bloed aan jou hart? Is jy ingesluit, gered, gereed vir die reis?

Genadige God, dankie vir daardie Pasga in Jerusalem, twee duisend jaar gelede, toe die vlekkelose Lam vir my gesterf het. Ek neem U verlossing aan! Ek gee my lewe (weer) aan U. Red my en neem my saam na die Ewige Land, in Jesus’ Naam. Amen.

BEDINK VANDAG: Ek is gered en ek is op pad!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8107117672?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –