4333 Moses se mentor

6 Hy het vir Moses laat weet: "Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar." 7 Moses het uitgegaan om sy skoonpa te ontmoet. Hy het diep gebuig en hom gesoen. Hulle het na mekaar se welstand gevra, en die tent binnegegaan. Eks. 18:6-7 BDV

Moses was die grootste leier wat Israel ooit gehad het. Hy het hulle uit Egipte gebring, met baie wonderwerke, en hulle deur die woestyn gelei. Hy het persoonlik met God gepraat en het Israel se hele wet en godsdiens ingestel. Dis dus verbasend om te sien dat Moses self ook ‘n mentor gehad het: sy skoonpa Jetro, by wie hy veertig jaar gewoon en geleer het. Toe Jetro sy vrou en kinders na hom toe bring, buig Moses voor hom en lewer verslag van alles wat gebeur het. Jetro keur dit goed en prys God daarvoor, maar spreek ook vir Moses aan. Hy adviseer hom oor die organisasie van die volk, wat Moses toe noukeurig implementeer.

As Moses ‘n mentor nodig gehad het, hoeveel te meer nie ons nie? Dis juis ‘n teken van goeie leierskap om betroubare mentors te hê, geestelike vaders en moeders. Dis eintlik gevaarlik om nié mentors te hê nie, want ons is blind vir ons eie foute. Wie is JOU mentors?

Getroue Here, gee vir my goeie leiers, seniors, mentors, sodat ek op u pad kan bly en my roeping kan uitleef. Dankie vir geestelike vaders en moeders wat reeds in my lewe inspreek met waarheid en wysheid. Help my om leerbaar en nederig te bly en my aan hulle te onderwerp. Amen.

BEDINK VANDAG: Wie is my mentors?

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8117842060?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –