4334 Geen gode, geen afgode

2 Ek is die HERE jou God, wat jou uit Egipteland, uit die plek van slawerny, uitgelei het. 3 Jy mag naas My nie ander gode hê nie. Eks. 20:2-3 BDV

Die Tien Gebooie vat die Bybelse morele wet saam. Dit leer ons God se wil, maar meer nog, God se hart. In hierdie eerste gebod leer ons dat ons net een God mag hê, naamlik Jahweh, die God van Israel. Daar IS immers net een God; alle ander “gode” is vals gode, afgode. Ongelukkig het ons tot vandag toe nog afgode!

Let op: in ons samelewing is die groot afgod geld. Mense sal tot uiterstes gaan om geld, en méér geld, te bekom. Jesus sê egter ons moet besluit of ons God of Mammon (soos Hy geld noem) wil dien, want ons kan nét een Here hê. Ander afgode vandag is genot, geluk of mag. Kyk maar waarvoor jy ‘n altaar of “hoogte” opgerig het in jou lewe. Wat kry prominensie, prioriteit? Kyk waarvoor jy bereid is om te offer: van jou geld, jou moeite, jou tyd. Wat kompeteer met God in jou lewe? Bid oor enige moontlike afgode. Onthou, jy mag géén ander gode naas Hom hê nie!

Aanbiddingswaardige God, net U mag gedien word. Daar is geen ander God as U nie. Help my om U werklik eerste te stel in my lewe, op elke moontlike manier. Verhoed dat geld en goed, gesondheid en geluk, of eer of mag ooit afgode in my lewe word. Verhoed dat die groot EK op die troon wil sit, in plaas van U. U is die koning van my lewe! Amen.

BEDINK VANDAG: Wat kompeteer met God in my lewe?

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8122600686?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –