4336 Praat met respek

7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie misbruik nie, want die HERE sal hulle wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat nie. Eks. 20:7 BDV

In die derde gebod word ons verbied om God se Naam ydellik te gebruik, of soos dit hier vertaal word, te “misbruik”. Onthou, disrespek teenoor God se Naam is disrespek teenoor God. Vir die Jode het dit veral beteken dat hulle nie by Jahweh sou sweer nie – ‘n gruwelike manier om die heilige, onveranderlike God in te span om ‘n onbetroubare mens se uitlatings te staaf. Jesus sê ons moet geheel en al nie sweer nie; ons ja moet ja wees en ons nee, nee. Dít is ware integriteit!

Bou jou integriteit veral deur te let op jou woorde. Om God se naam te vloek, of hemel toe te praat, is blatant verkeerd. Vloek, oor die algemeen, is in elk geval onnodig. Skree en skel is vir ons bloot onwaardig. Praat eerder met respek: teenoor jou Vader en teenoor ander. Praat sag, praat die waarheid – ja, praat met integriteit. Praat met geloof, praat met lof, praat met liefde. Praat so dat die Here geëer word!

Heilige God, verhoed dat ek u Naam ontheilig deur my woorde. Help my om ‘n wag voor my mond te hê. Werk in my hart, Here, want waar die hart van vol is, loop die mond van oor! Help my om slegs te praat soos ‘n kind van God praat. Amen.

BEDINK VANDAG: Hoe praat ek?

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8136588300?profile=RESIZE_400x

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –