4339 Moord begin in die hart

13 Jy mag nie moord pleeg nie. Eks. 20:13 BDV

Vir Jesus het die wet oor meer gegaan as uiterlike nakoming. Die hart moet voor God reg wees. Hy sê byvoorbeeld dat God nie net rein hande vra nie – verwysende na hulle rituele wassings – maar veral ‘n rein hart. Ook hierdie sesde gebod het vir Jesus oor meer gegaan as om nie mense dood te maak nie. Hy sê moord begin reeds met haat in die hart. Dit kom reeds uit in skelwoorde: “Jy’s ‘n nikswerd, ‘n idioot!” Ja, dít maak reeds dood! Die moord moet al dáár stop.

Ons moet die hele wet dus hart toe vat. Die wet gaan nie net oor dade nie; dit gaan oor ons motiewe en gesindheid. Die wet is ook nie net ‘n verbod nie, dis ook ‘n gebod. As moord verbied word, beteken dit dat liefde gebied word, selfs liefde vir vyande. O, dis so moeilik! Daar is so min wat Jesus werklik hierin navolg! Hy het immers self sy vyande liefgehad. Kom ons vra God vir ‘n nuwe hart!

Troue Here, U ken my hart, my gedagtes. U weet waarin ek faal en waarmee ek slaag. Gee vir my begrip vir die gebrokenheid van mense, selfs van slegte mense, van vyande. Lei my, deur u Heilige Gees, na die plek waar my hart NET kan liefhê, omdat ek self – so onverdiend – NET u liefde beleef het. Amen.

BEDINK VANDAG: Moord begin die hart.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8150292893?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –