4340 Egbreuk begin in die oë

14 Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Eks. 20:14 BDV

“Voorhuwelikse seks” – nou ‘n outydse term – het in Bybelse tye glad nie bestaan nie, omdat vroue maagde moes wees om te kon trou. “Buitehuwelikse seks” of “egbreuk” was ‘n baie ernstige oortreding, met die dood strafbaar. Vroue het dus nie alleen met mans verkeer nie, en het slegs gesluierd en in ‘n groep die huis verlaat. Die huwelik was die God-bedoelde ruimte vir liefde, seks, kinders grootmaak en finansiële en emosionele sekuriteit.

Hoe anders as die moderne samelewing! Ons wêreld is totaal geseksualiseer, verhoudings raak vinnig intiem en egskeiding is algemeen. Weet jy wat? Al verskil die konteks en sal sekere toepassings anders wees, bly die boodskap nog dieselfde. God se plan met seks is steeds die huwelik. Alles wat huwelike afbreek is steeds sonde – ook wat IN ‘n huwelik verkeerd loop. Jesus sê egbreuk begin in die oë wat dwaal, in ‘n hart wat iets anders begeer, iemand anders. Dit moet reeds dáár stop! Ons moet eerder ons huwelike bou. Jy moet JOU huwelik bou – dis jou les.

Getroue en liefdevolle God, help my om getrou te bly. Bewaak my oë en bewaak my hart, sodat ek nie afdraaipaadjies soek nie. Laat my eerder meer moeite doen om my huwelik sterk te maak. Ek bid vir my maat en ek bid vir my huwelik. Amen.

BEDINK VANDAG: Ek bid vir my maat en ek bid vir my huwelik.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8154008086?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –