4341 Dankbaar en tevrede

15 Jy mag nie steel nie. Eks. 20:15 BDV

In Bybelse tye was amper almal arm. Die uitgebreide families het gewoonlik saam gewoon op ‘n lappie grond. Hulle het saam gewerk, saam gevier as die oes in was en saam gely as die reën weggebly het. Hulle was uitgelewer aan die natuur, die uitbuiting van die regeerders en ‘n bitter klein ekonomie. As iemand ryk wou word, moes iemand anders arm word. In sulke omstandighede was daar baie skelms en diewe. Dit is wat die agste gebod verbied.

Soos die ander gebooie is hierdie gebod eintlik ‘n geestelike saak. Dit vra dat ons harte reg moet wees. Ons moet mense liefhê, dan sal ons nie oneerlik met hulle wees nie. Meer nog, ons moet tevrede wees met wat ons het. Ons moet dankbaar wees, want ander moet met soveel minder oor die weg kom. Ons moet God kan vertrou; Hý sorg mos vir ons! Onthou, niks wat jy werklik nodig het, sal jou ontbreek nie. Laat hierdie belangrike en wesenlike waarheid jou vandag vrede gee.

Hemelse Here, ek maak vandag my begeertes weer aan U bekend, met smeking en danksegging. Gee dan vir my u vrede, die vrede wat alle verstand te bowe gaan. U is in beheer! Verhoed, Here, dat ek self kortpaaie soek en in die proses sondig. Verhoed dat ek net aan myself dink. Laat my eerder ander mense aanhelp om iets te bekom. In Jesus’ Naam, amen.

BEDINK VANDAG: Ek is dankbaar en tevrede.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com8162771493?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –