4342 Die skrik van die HERE

16 Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie. Eks. 20:16 BDV

Die regters wat in Israel aangestel is, is gewaarsku dat hulle nie vir mense daar is nie, maar vir God. Hulle moes sý wette uitvoer. Die “skrik van Jahweh” moes op hulle wees as hulle regspreek. Geen onreg, bevoordeling of vals getuienis was toelaatbaar nie. Dieselfde beginsel geld vir die waarheid oor die algemeen. Die waarheid is God se waarheid, want alle waarheid kom van Hom af. Jesus sê HY is die weg, die waarheid en die lewe.

Kan ons probeer om streng by die waarheid te bly? Dis onnodig om te vergroot om indruk te maak. Mense sal jou bloot al hoe minder vertrou. Hou net by die feite. Dis verkeerd om ‘n storie so te draai dat jy goed lyk in die proses, maar dat dit nie meer die waarheid is nie. Sê net presies soos dit was. As jy verkeerd was, sê jy was verkeerd. As jou vyand reg het, sê hy is reg. Dis deel van jou integriteit om streng te staan by die waarheid!

Regverdige Regter, help my om so getrou as moontlik aan die waarheid te bly. Ek hoef nie te vergroot of te verklein, te verdoesel of te verdraai nie. Help my om so op te tree dat die volle waarheid oor my maar kan uitkom. Ek wil deursigtig leef: oop, eg en opreg. Laat my woorde en dade U eer! Amen.

BEDINK VANDAG: Die waarheid, die volle waarheid, niks anders as die waarheid.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8171068690?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –